Lindsey Voigt

Ek is Lindsey Rochelle Voigt, gebore in Windhoek en het meeste van my jare in Rehoboth deurgebring. Ek is getroud met twee kinders en is ‘n sangeres. 

My sangloopbaan het in 2002 afgeskop met die Mnet Kyknet idols in Johannesburg. Ek skryf graag en my vroegste werk is gepubliseer deur ‘n Switserse uitgewer op die ouderdom van 10. 

Daarna het ek ‘n paar toekennings ontvang. In 2018 het ek my eerste album naamlik Renewed vrygestel waarvoorek ‘n NAMA-toekenning ontvang het vir die beste Gospel kunstenaar asook 4 ander nominasies.

Ek glo die lewe is geen rooskleur nie, soms meer doring as roos maar ons moet blom waar ons geplant word, alles met die krag van bo.