AANBIEDERS
Lindsey Voigt
BIOGRAFIE
Ek is Lindsey Rochelle Voigt, gebore in Windhoek en het meeste van my jare in Rehoboth deurgebring. Ek is getroud met twee kinders en is ‘n sangeres.
My sangloopbaan het in 2002 afgeskop met die Mnet Kyknet idols in Johannesburg. Ek skryf graag en my vroegste werk is gepubliseer deur ‘n Switserse uitgewer op die ouderdom van 10.
Daarna het ek ‘n paar toekennings ontvang. In 2018 het ek my eerste album naamlik Renewed vrygestel waarvoorek ‘n NAMA-toekenning ontvang het vir die beste Gospel kunstenaar asook 4 ander nominasies.
Ek glo die lewe is geen rooskleur nie, soms meer doring as roos maar ons moet blom waar ons geplant word, alles met die krag van bo.
Yanna “Flink uit die Vere”
BIOGRAFIE
'n Salm. So het my pa altyd vir my gesê. Dwars, teen die stroom. Dis ekke. Moeilik maar duidelik. En doelgerig. Ek is lief vir my land. Hier gemaak en verseker hier gelaatstaan. Ek kan nie sonder die kameeldoringbome, die Acasia-bloeisels, die reuk van ons reën en die hart van ons mense nie.
Gebore by die Eizabeth Home in Windhoek, het ek 20 jaar later my Drama-graad daar behaal. Toe swot ek Dierkunde want ek het 'n leeu gesoen. Ek is bitter lief vir diere en het 'n swakpunt vir oumensies. Ek het geleer om te aanvaar dat die wêreld nie regverdig is nie maar ek streef na geregtigheid. En eerlikheid. En omgee. My boodskap? Soen die diere. Soen hulle gereeld. En soek altyd die betowering in die lewe. Mik hoog. En glo.






