Aanbieders

Aanbieders

AANBIEDERS

Jaco Vermeulen

BIOGRAFIE

Jaco het teruggekeer na sy geboorteland in Namibië nadat hy 'n groot deel van sy lewe in Suid-Afrika as onder meer skoolleerling en later as eienaar van twee ondernemings spandeer het.

Hy geniet die vryheid en kultuur wat sy geboorteland bied om sy passies en belangstellings ten volle uit te leef. Hy het besluit met sy terugkeer na Namibië op 12 Maart 2012 om die Suid-Afrikaanse stof finaal van sy voete af te stof en by Kosmos aan te sluit. 

Jaco spandeer sy lewe buite radio op 'n klein stukkie grond buite die hoofstad waar hy nader aan die natuur is en meer ruimte vir sy rits Yorkies kan bied. Jaco is reeds 'n geruime tyd saam met Kosmos as omroeper, nuusleser en nuusskrywer.

PM Bolton

BIOGRAFIE

Ek is gebore in Durban in die Morning-Side kliniek. Ek het in 1998 gematrikuleer aan Grey Kollege in Bloemfontein. My radio loopbaan het begin toe ek nog op skool was in 1996 in Bloemfontein, by Radio Hoogland.

Daar het my liefde vir radio begin. Ek het vroeg by Kosmos aangesluit met bekendes soos Bettie Kemp, Amorè Becker, Cobus Robinson en ander uitsaai legendes, wat gehelp het om my basis in uitsaai te vestig.Ek hou van die buitelewe en my gesin is my alles.