Meer oor die plaaslike entstof verspreidingsplan

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê die land se entstof verspreidingsplan word as uitstekend deur die Wêreldgesondheidsorganisasie ge-ag, soveel so, dat dit as sjabloon gebruik word vir ander soortgelyke lande. Hy het meer inligting in verband met die entstof verspreiding in die lang bekend gemaak.


Tiger se maat is erg ontsteld

llo there he

Een van Tiger Woods se naaste vriende, Justin Thomas, sê hy was naar van skok oor die nuus dat die vyftien-malige Major-kampioen in Kalifornië in ‘n motorongeluk betrokke was. Woods het ‘n operasie ondergaan nadat sy motor gerol het en hy verskeie ernstige beserings aan sy bene en ‘n enkel opgedoen het. Thomas, wat vandeesweek aan die WCG Workday-kompetisie sou deelneem, sê hy is nog nie seker of hy gaan speel nie:

A tow truck recovers the vehicle driven by golfer Tiger Woods in Rancho Palos Verdes, California, on 23 February 2021, after a rollover accident. 

 The story of the Harley-Davidson (H-D) motorcycle company started in 1901, when William S. Harley, aged 21, completed a blueprint drawing of an engine designed to fit into a bicycle. In 1903, William S. Harley and Arthur Davidson made the first production H-D motorcycle available to the public. The factory where H-D designed and made their motorcycles was a wooden shed with the words “Harley-Davidson Motor Company” scrawled on the door.

Arthur’s brother Walter later joined them and in 1904, the first H-D Dealer opened for business and sold one of the first three production H-D motorcycles ever made. 


Daar is nog ‘n slenter, die keer by landbou

Die Ministerie van Landbou het kennis geneem van ‘n slenter waarvolgens mense uitgenooi is om aansoek te doen vir toelaes. Veral SME’s word geteiken vir landbouprogramme wat na bewering die land se ekonomie verbeter en werk skep. Een van die sogenaamde suksesvolle aansoekers is daarna gevra om versekering van 30 000 Britse pond te betaal waarna hy die slenter aan die ministerie gerapporteer het. Esau Mbako van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat


Fishcor se lopende rekening moet beskikbaar gestel word

Die waarnemende Voorsitter van Fishcor se tussentydse raad Mihe Gaomab sê dit is van kritiese belang dat sy lopende rekening beskikbaar gestel word vir operasionele kostes wat salarisse insluit. Die maatskappy se rekenings, insluitend beleggings, is alles deur owerhede gevries in verband met die ondersoek na die Fishrot-skandaal. Die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die maatskappy Mike Nghipunya is een van die omkoopskandaal beskuldigdes. Gaomab het met die media gepraat…

Die Bank van Namibië se eenheid vir finansiële misdaadbestryding, die Financial Intelligence Centre (FIC), het al die bankrekeninge van die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) gevries.

Zuma moet tronk toe

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, het die staatskapingskommissie se besluit verwelkom om die Konstitusionele Hof te vra om gevangenisstraf van twee jaar aan die gewese president Jacob Zuma op te lê. Die kommissie sê dit volg op Zuma se versuim om vir die kommissie se sitting op te daag ten spyte van ‘n dagvaarding daarvoor. Die raad se Uitvoerende Sekretaris, Lawson Naidoo, sê Zuma moet aanspreeklik gehou word:

Oudpresident Jacob Zuma (links) en adjunkhoofregter Raymond Zondo.


VSA rou – 512 000 dood aan Covid

Amerika se President, Joe Biden, sê die sterftesyfer weens Covid-19 verwante oorsake wat die halfmiljoenkerf bereik het is ‘n somber en hartverskeurende mylpaal. Net meer as 512 000 mense is in die VSA dood, meer as in albei Wêreldoorloë. Daarbenewens is daar ook meer as 28,8 miljoen gevalle van die siekte in die land aangemeld. Biden het opdrag gegee dat alle vlae in Amerika vir die volgende 5 dae halfstok hang. Hy sê die politiek van vals inligting wat gesinne, gemeenskappe en die land verdeel het, moet stopgesit word omdat dit reeds te veel lewens geëis het: